Rovic Leers
Cape Town +27(0)21 907-1700
Johannesburg +27(0)11 396-6200
Pietermaritzburg +27(0)33 346-2727

Rovic Planters (2014-03-27)


Elke boer weet dat in planttyd word daar nie gespeel nie, en om optimaal die saad in die grond te kry het jy die regte toerusting nodig. Rovic Leers verskaf vandag ‘n volledige reeks planters om aan elke boer se behoeftes te voldoen. Bo en behalwe die standaardgrotes van 12ry, 16ry en 24ry, vervaardig Rovic Leers ook planters met unieke ry-spasiërings volgens ons kliënt se behoeftes. Ons fokus by Rovic Leers is nie net om soveel as moontlik planters in een seisoen te verkoop nie, maar om eerder deel van ons kliënt se boerdery te word en te help bou aan die boer se sukses. Die afgelope plantseisoen was maar uitdagend in sekere dele van ons land as gevolg van laat reën, wat veroorsaak het dat die optimale plantperiode al korter geraak het. Dit was immers nie ‘n probleem vir die boere wat met ‘n Rovic planter geplant het nie. Die Rovic planter kon in harder toestande plant en minder tyd word afgestaan om die planter te hervul. Vir Rovic Leers is na-verkoopsdiens van kardinale belang en met verteenwoordigers wat in ons kliënt se areas woon, is die reaksietyd op enige navraag baie vinnig. Om net een van ons kliente Wikus Geldenhuys aan te haal: “ Dit was vir my ‘n plesier om met ‘n Rovic planter te plant, want Rovic Leers se manne was altyd daar as ek ondersteuning nodig gehad het ”. Alhoewel Rovic Leers ‘n volledige reeks vervaardig, het ons op ‘n wenresep afgekom vir minimum-bewerkings planters. Die konsep is in samewerking met verskeie boere ontwikkel, en is tans een van ons top verkopers. Die planter sal ook by Nampo 2014 uitgestal word. Kyk gerus uit vir die opwindende produk, en soos die Engelsman sê: “ Watch this space”.
Willie Human 

                            



Back